PRIVAATHEIDSBELEID

Inhoudsopgawe


1. Algemeen …………………………………………………………………………..........................7
2. Doel …………………………………………………………………………………………………..........7
3. Toestemming ................................................................................................8
4. Hoe ons jou Persoonlike Inligting verwerk ....................................................8
5. Hoe ons jou Persoonlike Inligting vir Direkte Bemarking gebruik ................10
6. Oorplasing van jou Persoonlike Inligting buite die Grense van Suid-Afrika..10
7. Openbaarmaking van Inligting .....................................................................11
8. Inligting Sekuriteit ........................................................................................11
9. Toegang tot Inligting en Versoek om Inligting te Korrigeer .........................12
10. Aansoeke .....................................................................................................12
11. Koekies ........................................................................................................13
12. Hoe lank ons jou Persoonlike Data bewaar ................................................13
13. Veranderinge aan hierdie Kennisgewing ....................................................13
14. Hoe om ons te Kontak ................................................................................13
15. Inligtingsreguleerder ...................................................................................14


1. ALGEMEEN

1.1.1. In hierdie dokument verwys “TIH” na Telesure Investment Holdings (Edms) Bpk en sy filiale. Filiale van TIH sluit die volgende in:
• Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk
• First for Women Versekeringsmaatskappy Beperk
• Budget Versekeringsmaatskappy Beperk
• Dial Direct Versekering Beperk
• 1Life Versekering Beperk
• Telesure Group Services (Edms) Bpk
• Hippo Comparative Services (Edms) Bpk
• Hippo Advisory Services (Edms) Bpk
• Unity Financial Services (Edms) Bpk
• Wealthport (Edms) Bpk
• Wealthport Nominees (Edms) Bpk
• Rockport Capital (Edms) Bpk

1.1.2. Enige verwysing na “ons” in hierdie dokument, sluit enige een of meer van die bogenoemde besighede of entiteite in.

2. DOEL
2.1. Hierdie dokument verduidelik hoe TIH jou persoonlike inligting, in ooreenstemming met die vereistes van die Beskerming van Persoonlike Inligting Wet (“POPIA”), sal verkry, gebruik en openbaar.
2.2. TIH is toegewyd tot die respektering en instandhoudings van die privaatheid en sekuriteit van persoonlike en konfidensiële inligting (kollektief “Persoonlike Inligting”/ “Inligting”) by TIH ingehandig deur middel van TIH se verskeie kanale vir die verskaffing van enige dienste en vir die voorsiening van enige produkte.
2.3. TIH het waardering vir jou as kliënt. Ons sal dus al jou Persoonlike Inligting as privaat en vertroulik hanteer en onderneem om jou Inligting slegs op ʼn verantwoordelike en wettige wyse te hanteer. TIH sal alle redelike stappe neem om ongemagtigde toegang tot jou Persoonlike Inligting te verhoed. Let asseblief daarop dat TIH slegs Persoonlike Inligting wat vir die doeleindes van assessering benodig word, sal versoek en jou van versekering en enige finansiële dienste wat verband hou, sal voorsien. Hierdie inligting is noodsaaklik om jou ooreenkoms te voltooi en is ʼn wettige vereiste. TIH sal slegs jou Persoonlike Inligting vir doeleindes, konsekwent met die normale gang van ons besigheid verwerk, om ons wettige belange te handhaaf.
2.4. Die wet vereis dat TIH jou Persoonlike Inligting verwerk en handhaaf in ooreenstemming met voorgeskrewe standaarde of algemeen-aanvaarde inligtingsbestuurspraktyke (insluitend voorgeskrewe retensietydperke) om te verseker dat jou inligting voltooi, akkuraat, op datum en veilig is.
2.5. TIH sal nie jou Persoonlike Inligting aan enige derde party openbaar nie, behalwe in die normale gang van ons besigheid waar die derde party kontraktueel verplig is om ʼn diens te lewer, of produkte in ooreenstemming met jou ooreenkoms met TIH te verskaf, of waar dit wettig vereis word.
2.6. Jy mag toegang, tot rekords van jou Persoonlike Inligting wat ons in stand hou, versoek. TIH sal die Inligting aan jou beskikbaar stel nadat jou versoek in ooreenstemming met ons Toegang tot Inligting Handleiding ontvang is. Jy mag ons skriftelik verwittig van enige onakkurate besonderhede wat in die Inligting verskyn wat ons handhaaf en verifieer, sodat ons die Inligting kan korrigeer.

3. TOESTEMMING

Deur van ons dienste, produkte en dienskanale gebruik te maak, stem jy uitdruklik saam dat ons jou persoonlike inligting mag verwerk. Jy erken dat die persoonlike inligting geverifieer en/of verwerk mag word vir versekering, finansiële dienste en risikobestuursdoeleindes, deur TIH teenoor enige ander redelike en wettige bronne of databasisse om die akkuraatheid en volledigheid van enige persoonlike inligting, wat op ʼn volgehoue basis voorsien word, te verseker.

4. HOE ONS JOU PERSOONLIKE INLIGTING VERWERK

4.1. Vir die doel van ons sakefunksies en aktiwiteite sal ons jou persoonlike inligting vir die volgende nie-volledige lys van doeleindes verwerk:
4.1.1. Kwotering, onderskrywing, prysbepaling, dienslewering en uitvoering van versekering en ander finansiele dienste;
4.1.2. Assessering van finansiële en versekering risiko’s;
4.1.3. Assessering en verwerking van eise en klagtes;
4.1.4. Ontwikkeling en verbetering van produkte en dienste;
4.1.5. Kredietverwysings en/of verifikasie van persoonlike inligting;
4.1.6. Bedrogvoorkoming en opsporing;
4.1.7. Marknavorsing en statistiese analise;
4.1.8. Oudit en rekordhouding;
4.1.9. Voldoening aan wetlike en regulatoriese vereistes;
4.1.10. Deel van inligting met diensverskaffers en ander derde partye waarmee ons betrokke raak om sulke inligting namens ons te verwerk, of wat dienste aan ons lewer; en
4.1.11. Deel van versekering en eise inligting met ander versekeraars en industrie liggame vir wettige redes soos bedrogvoorkoming en eisbekragtiging.
4.2. TIH mag jou Persoonlike Inligting versamel, verwerk, in stand hou, openbaar, of anders sonder jou kennis en toestemming gedurende die volgende omstandighede hanteer:
4.2.1. Wettig vereis
Dit het mees dikwels betrekking op regeringsbelasting verslagvereistes, of ingevolge ʼn hofbevel, of as dit ingevolge wetgewing, of in ooreenstemming met algemene wet is. Wanneer TIH met regsproses bedien word wat die lewering van Persoonlike Inligting vereis, het hulle die wettige plig om aan daardie eis te voldoen, en sal so maak. TIH sal egter in alle omstandighede wat die wet vereis, slegs Persoonlike Inligting openbaar wat spesifiek versoek word.
4.2.2. Nodig om TIH se belange te beskerm
Dit sal nie as ʼn rede gebruik word om Persoonlike Inligting rakende ʼn kliënt of ʼn kliënt se rekeninge aan enige iemand anders vir bemarkingsdoeleindes openbaar te maak nie (insluitend naam en adres). Basiese prosedures wat TIH se belange beskerm lei egter partymaal na die openbaarmaking van spesifieke kliëntinligting. Hierdie gevalle is beperk en die openbaarmaking van inligting, beperk tot wat redelikerwys in die omstandighede benodig word.
4.2.3. In die openbare belang
Daar mag van TIH verwag word om Persoonlike Inligting vir sake van openbare belang openbaar te maak (bv. om hulp te verleen met die voorkoming van misdaad). TIH sal alle voorsorg tref om te verseker dat die betrokke owerhede wettige gronde het om so ʼn versoek te rig, voordat daar aan hierdie versoeke voldoen word.
4.2.4. Vir statistiese doeleindes
TIH mag Persoonlike Inligting vir statistiese doeleindes verwerk en bekendmaak, wat nie verband met jou of enige spesifieke persoon hou nie (bv. ongeïdentifiseerde inligting), soos dit toepaslike geag word.

4.3. Spesiale persoonlike inligting mag deur TIH gedurende die volgende omstandighede verwerk word:

4.3.1. as jy ingestem het tot die verwerking, of as die spesiale persoonlike inligting aan jou bekend gemaak was;
4.3.2. as die verwerking volgens die wet benodig word en as die verwerking nodig is om ʼn reg of wetlike verpligting te skep, gebruik of beskerm;
4.3.3. as die verwerking vir statistiese of navorsingsdoeleindes is en onderwerp aan alle wettige voorwaardes wat nagekom word;
4.3.4. as gesondheidsinligting verwerk word en die verwerking is om jou versekeringsrisiko te bepaal, of om aan ʼn versekeringspolis te voldoen, of om ʼn versekeringsreg of verpligting af te dwing.

4.4. Die persoonlike inligting van kinders sal slegs deur TIH verwerk word as enige een van die volgende van toepassing is:

4.4.1. ʼn persoon met die vermoë om wettige ooreenkomste te teken, het tot die verwerking ingestem, as ouer of voog van die kind;
4.4.2. die verwerking is nodig om ʼn reg of wetlike verpligting te skep, gebruik of beskerm, soos wanneer die kind ʼn begunstigde van ʼn versekeringspolis is, of ʼn versekerde persoon ingevolge ʼn versekeringspolis is;
4.4.3. die verwerking vir statistiese of navorsingsdoeleindes is en alle wetlike voorwaardes nagekom word.

5. HOE ONS JOU PERSOONLIKE INLIGTING VIR DIREKTE BEMARKING GEBRUIK

5.1. TIH mag jou Persoonlike Inligting gebruik om vir jou inligting van nuwe dienste of produkte te stuur wat van belang vir jou mag wees, en wat van tyd tot tyd inligting rakende TIH , ons produkte en dienste, of rakende ons vennote en hul produkte en dienste, jou kontak, pos, e-pos, of SMS.
5.2. As jy nie ʼn TIH kliënt is nie, of in enige ander opsigte waar die wet dit verplig, sal TIH slegs aan jou bemark deur middel van elektroniese kommunikasie met jou toestemming.
5.3. As jy verkies om nie inligting verder te ontvang nie, mag jy TIH kontak en ons sal jou van ons poslys verwyder.
5.4. Ons sal slegs bemarkingskommunikasies stuur as jy “ingekies” het om sulke kommunikasies te ontvang. Jy het die reg om enige tyd “uit te kies” om nie meer bemarkingskommunikasies te ontvang nie, hetsy per e-pos of andersins.

6. JOU PERSOONLIKE INLIGTING BUITE DIE GRENSE VAN SUID-AFRIKA OORDRA

6.1. Om die produkte en dienste wat deur TIH aangebied word te voorsien, mag daar vereis word dat ons jou Persoonlike Inligting na lande buite die grense van Suid-Afrika moet oordra. TIH sal slegs jou persoonlike inligting na derde partye buite die grense van Suid-Afrika oordra gedurende enige van die volgende omstandighede:
• waar jou persoonlike inligting voldoende onder die ander land se wette beskerm sal word of ʼn ooreenkoms met die derde party ontvanger;
• waar die oordrag nodig is om ʼn kontrak met jou aan te gaan of uit te voer, of ʼn kontrak met ʼn derde party wat in jou belang is;
• waar jy tot die oordrag ingestem het; en/of
• waar dit nie redelikerwys prakties is om toestemming te kry nie, en die oordrag in jou belang is.
6.2. Die Persoonlike Inligting wat gedeel word, sal tot die inligting wat benodig word beperk wees, om die produkte en dienste te vervul, en die oordrag sal binne die vereistes van die wet plaasvind.
6.3. TIH sal verseker dat die party wat jou persoonlike inligting in die ander land verwerk, sal saamstem om dieselfde vlak van beskerming toe te pas wat wetlik in jou land beskikbaar is, of as die ander land se wette beter beskerming voorsien, sal daar ingestem word tot die ander land se wette en dit sal toegepas word.

7. OPENBAARMAKING VAN INLIGTING

7.1.1. TIH sal slegs jou persoonlike inligting deel as een of meer van die volgende van toepassing is:
• as jy toestemming aan TIH gegee het om jou persoonlike inligting te deel;
• as dit nodig is om onder ʼn kontrak, wat ons met jou het, te voltrek of op te tree;
• as dit wetlik vereis word om so te maak; en/of
• as dit nodig is om ʼn wetlike belang te beskerm of na te volg (joune, TIH of die derde party se belange)
7.1.2. TIH mag, waar nodig, jou persoonlike inligting met die volgende derde partye deel. Hierdie derde partye is verplig om jou persoonlike inligting veilig en vertroulik te hou:
• TIH werknemers, soos vereis deur hulle indiensnemingsvoorwaardes;
• versekeraars, makelaars, ander finansiële instellings of ander organisasies wat met versekerings- en assuransie-onderskrywing help, die voorsiening van versekerings- en assuransiepolisse en produkte, die assessering van versekering en assuransie eise, en ander verwante doele;
• ons diensverskaffers, agente en sub-kontakteurs wat ons gebruik om dienste aan jou te bied en te voorsien;
• diensverskaffers vir betalingsverwerkings; handelaars, banke en ander persone wat met die verwerking van jou betalingsinstruksies help;
• kredietburo’s;
• prokureurs en ander persone wat met die afdwing van ooreenkomste help;
• regulatoriese owerhede, industrie ombudsmanne en ander persone wat volgens die wet vereis dat ons jou persoonlike inligting met hulle deel;
• wetlike afdwinging en bedrogvoorkomingsagentskappe, en ander persone wat bemagtig is ten opsigte van die voorkoming en vervolging van misdaad;
• geregshowe of tribunale wat die persoonlike inligting benodig om verwysings, aksies of aansoeke te beoordeel;
• persone aan wie ons ons regte gesedeer het, of die verpligtinge daarvan aan ander ooreenkomste gedelegeer het, soos waar ʼn besigheid verkoop is;
• ons vennote waarmee ons besigheidsooreenkomste afgesluit het.

8. INLIGTINGS SEKURITEIT

8.1. TIH het die nuutste tegnologie gebruik en veiligheidsmaatreëls geïmplementeer om teen die volgende te beskerm: verlies, misbruik of veranderinge aan die Inligting onder ons beheer, deur ongemagtigde derde partye. TIH is toegewyd tot die verskaffing van veilige dienste.
8.2. Wanneer TIH kontrakte met derde partye aangaan, word paslike sekuriteit, privaatheid en vertroulikheidsverpligtinge aan hulle opgelê om seker te maak dat persoonlike inligting veilig gehou word.
8.3. TIH toets gereeld die effektiwiteit van die veiligheid van ons stelsels en reageer op alle bedreigings wat moontlik opgespoor word.
8.4. Geen data transmissie oor die Internet kan gewaarborg word om 100% veilig te wees nie, en TIH waarborg nie dat jou inligting veilig sal wees nie, maar bevestig dat alle redelike veiligheidsmaatreëls altyd in plek sal wees.

9. TOEGANG TOT INLIGTING EN VERSOEK OM INLIGTING TE KORRIGEER

9.1. Toegang tot Inligting

9.1.1. Jy het die reg om ʼn afskrif van die persoonlike inligting wat TIH van jou besit, te versoek. Dit sluit versoeke met betrekking tot die volgende in:
• Bevestiging dat TIH jou persoonlike inligting besit;
• ʼn Afskrif van die rekord van jou persoonlike inligting; en
• Die identiteit van derde partye wat toegang tot jou inligting het of gehad het.
9.1.2. Ons sal ʼn afskrif van jou ID-dokument benodig om jou identiteit te bevestig voordat besonderhede van jou persoonlike inligting voorsien word.
9.1.3. Let asseblief daarop dat enige so ʼn toegangsversoek aan ʼn betaling van ʼn wetlik-toegelate fooi onderworpe mag wees.
9.1.4. Verwys asseblief na ons Bevordering van Toegang tot Inligting Wet 2 van 2000 Handleiding (PAIA Handleiding) vir verdere inligting oor hoe jy die lys van bogenoemde regte effektief kan maak. Die PAIA Handleiding is op die TIH webtuistes beskikbaar.

9.2. Korreksie van Jou Inligting

9.2.1. Jy het die reg om vir ons te vra om jou persoonlike inligting op datum te bring, korrigeer of te skrap as dit onakkuraat, irrelevant, oordrewe, verouderd, onvolledig, misleidend, onwettig verkry is, of as ons nie verder gemagtig is om dit te besit nie.
9.2.2. Jy moet jou versoek skriftelik aan ons rig.

10. AANSOEKE

10.1. Ons sal slegs die persoonlike inligting wat deur die gebruik van die TIH-toepassings (“Toep”) verkry is, gebruik en vir die doeleinde waarvoor dit versamel is, naamlik om die dienste of voordele te voorsien, onderworpe aan die bepalings en voorwaardes wat met die Toep verband hou.
10.2. Die persoonlike inligting wat deur die Toep verkry is mag die volgende insluit:
• Liggingsinligting;
• Bestuursgedrag;
• Voorkeur- en gebruiksinligting.

11. KOEKIES

11.1. Koekies is klein deeltjies van data wat die TIH-webbediener toelaat om jou te herken. Koekies word deur ʼn spesifieke webbediener uitgereik en word in jou webblaaier gestoor en kan slegs deur die uitreikende bediener gelees word. Die tipe inligting wat versamel word is onpersoonlik (soos die IP-adres van jou rekenaar, die datum en tyd van jou besoek, die bladsye wat jy geblaai het, ens.).
11.2. Behalwe om slegs net basiese konneksie en kommunikasie te bewerkstellig, mag TIH hierdie data gebruik om aangepaste dienste te ontwikkel, wat by jou spesifieke belange en behoeftes aangepas is. Ons gebruik koekies om jou e-pos en gebruikersnaam te stoor, sodat jy nie elke keer wanneer jy ons webtuiste besoek, dit weer hoef in te voer nie. Ons mag ook koekies gebruik om jou voorkeurinstellings aan te pas vir toekomstige besoeke. Dit is ook om vinnige diens aan jou te fasiliteer en jou ondervinding ten opsigte van die TIH-webtuistes te verbeter. Jou Persoonlike Inligting sal geensins enige tyd in ʼn koekie gestoor word nie.
11.3. As jy verkies om dit te doen, is dit moontlik (afhangend van die blaaier wat jy gebruik), om gevra te word voordat enige Koekies aanvaar word, of om jou blaaier te verhoed om enige koekies te aanvaar. Dit mag egter veroorsaak dat sekere eienskappe van die Webtuiste nie toegangbaar sal wees nie.

12. HOE LANK ONS JOU PERSOONLIKE DATA HOU
TIH sal jou persoonlike data, vir solank as dit benodig word om die doel waarvoor dit versamel is, behou en hierdie inligting is nodig vir wetlike doeleindes wat met ons funksies en aktiwiteite verband hou.
13. VERANDERINGE AAN HIERDIE KENNISGEWING

13.1. TIH behou die reg voor om hul Privaatheisbeleid volgens hul uitsluitlike oordeel te wysig of hernu, ter enige tyd, sonder enige vooraf kennisgewing aan die Gebruiker, in reaksie tot voldoening aan wetlike vereistes en dinamiese besigheidsbehoeftes.
13.2. Alle wysigings aan die Privaatheidsbeleid sal op die TIH-webtuistes gepubliseer word.
13.3. Tensy anders gestel, sal die huidige weergawe alle vorige weergawes van die Beleid vervang.

14. HOE OM ONS TE KONTAK

14.1. As jy enige navrae omtrent die Beleid het; jy meer inligting oor ons privaatheidspraktyke benodig; graag toestemming wil onttrek of jou persoonlike inligting wil wysig, kontak asseblief die TIH Inligtingsbeampte.
14.2. Die TIH Inligtingsbeampte kan by die volgende adres gekontak word:
E-pos: [email protected]

15. INLIGTINGSREGULEERDER

15.1. Jy het die reg om teenoor die Inligtingsreguleerder ʼn klag in te dien.
15.2. Die kontakbesonderhede kan hier gevind word: https://www.justice.gov.za/inforeg/